Leon Trotsky | |
Leon Trotsky in die 1930's | |
Sowjetse Volkskommissaris Militêre en Vlootsake
| |
Ampstermyn 13 Maart 1918 – 6 Januarie 1925 | |
Premier | Wladimir Lenin Aleksei Roekof |
---|---|
Voorafgegaan deur | Nikolai Podwoiski |
Opgevolg deur | Michail Froenze |
Sowjetse Volkskommissaris vir Buitelandse Sake
| |
Ampstermyn 8 November 1917 – 13 Maart 1918 | |
Premier | Wladimir Lenin |
Voorafgegaan deur | Michail Teresjtsjenko |
Opgevolg deur | Georgi Tsjitsjerin |
President van die Petrogradse Sowjet
| |
Ampstermyn 8 Oktober 1917 – 8 November 1917 | |
Volle lid van die 6de, 7de, 8ste, 9de, 10de, 11de, 12de, 13de, 14de Politburo
| |
Ampstermyn 10 Oktober 1917 – 23 Oktober 1926 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Kropiwnitski, Cherson-goewerment | 7 November 1879
Sterf | 21 Augustus 1940 (op 60) Coyoacán, Meksikostad, Meksiko |
Politieke party | Kommunistiese Party van die Sowjetunie |
Eggenoot/-note | Aleksandra Sokolofskaja Natalia Sedowa |
Kind(ers) | Zinaida Wolkowa Nina Newelson Lev Sedof Sergei Sedof |
Handtekening |
Leo(n) Trotsky of Ljef Trotski (Russies: Лев Троцкий), gebore as Leiba Dawidowitsj Bronsjtein (Russies: Лейба Давидович Бронштейн; Janifka, Russiese Ryk, 7 November 1879 - Coyoacán, suid van Meksiko-Stad, 21 Augustus 1940) was 'n Russiese Marxistiese rewolusionêr en teoretikus, Sowjetpolitikus en die stigter en eerste leier van die Rooi Leër.
Trotsky was aanvanklik 'n aanhanger van die faksie van die Mensjewistiese internasionale organisasies van die Russiese Sosiaal-Demokratiese Arbeidersparty. Hy het net voor die Oktoberrewolusie van 1917 by die Bolsjewiste aangesluit, en uiteindelik 'n leier in dié party geword. Tydens die begin dae van die Sowjetunie het hy eers as volkskommissaris van buitelandse sake en later as stigter en aanvoerder van die Rooi Leër as volkskommissaris van militêre en maritieme sake. Hy was 'n belangrike figuur in die Bolsjewistiese oorwinning van die Russiese Burgeroorlog. Ook was hy een van die eerste lede van die Politburo.
Ná 'n mislukte stryd van die linkse opposisie teen die beleid en die opkoms van Josef Stalin in die jare 1920 en die toenemende rol van die burokrasie in die Sowjetunie, is Trotsky agtereenvolgens uitgeskop (1927), uit die Kommunistiese Party van die Sowjetunie en uiteindelik verban uit die Sowjetunie (1929). As hoof van die Vierde Internasionale, gaan Trotsky in ballingskap in Mexiko voort met die voer van teenstand teen die Stalinistiese burokrasie in die Sowjetunie. Trotsky was al vroeg 'n voorstander van die ingryping van die Rooi Leër teen die Europese fascisme, en daarom was hy in die laat jare 1930 teen Stalin se Molotof-Ribbentrop-verdrag (nieaggressieverdrag) met Adolf Hitler. Hy is vermoor op bevel van Stalin in Meksiko, deur Ramón Mercader, 'n Spaans-Russiese agent. Die grootste deel van sy familie word ook vermoor.
Trotsky se idees, wat strydig is met die teorieë van Stalinisme, vorm die basis van Trotskyȉsme, 'n belangrike stroom binne die Marxisme. Hy was een van die min Sowjetpolitici wat nie gerehabiliteer is deur die regering van Nikita Chroesjtsjof nie. Sy boeke is egter in die laat jare 1980 vir publikasie in die Sowjetunie uitgereik. Uiteindelik word hy in 2001 gerehabiliteer.